
=====================================================================
Brief uit Murraysburg (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Brief uit Murraysburg

    Isaac Doctor van die Karoo Mobilisasie Beplanning Rekonstruksie Organisasie (Kambro) op Murraysburg DIE lewe op die platteland is soms 
baie moeilik en donker. Alles is tevergeefs vir di wat noodgedwonge aan die ontvangkant moet staan. Di wat het, probeer meer kry, en die 
armes raak al hoe armer. Armoede is aan die orde van die dag. Dis soos die vigsvirus. Daar is geen medisyne om die verspreiding te keer 
nie.

Ons in die Karoo is al glads tevrede met die lot, want armoede s mos ons lot. Dis glad nie 'n geheim dat ons behoeftes in terme van 
werkskepping geensins onder die vyf hoogste prioriteite van die Wes-Kaapse regering is nie. Dis so pynlik om te kyk na die verskillende 
departementele beleidsvoorstelle. Op almal se lippe is Rural Development, maar wat beteken dit in Karoo-taal? Absoluut niks. Die nasionale 
regeringsprogram, HOP oftewel RDP, het sy draai in die platteland kom maak: huise, elektrisiteit, riolering en die voorsiening van water. 
Dit was en is baie goed, maar nou moet dienste en instandhouding plaasvind. En nou is daar nie werk vir die mense nie.

Hoewel ons versigtig moet wees om ander te blameer vir veral Afrikaanse armoede in die Karoo, voel ons tog dat almal nie hulle verpligtinge 
teenoor die platteland nakom nie. Ek neem as voorbeeld my tuisdorp, Murraysburg, die heel laaste Wes-Kaapse Karoodorp voordat jy die 
grensberge na Graaff-Reinet oorgaan. Hier kry ons nie eens Die Burger nie, en hoe graag sou ons nie die nuus in Afrikaans wou lees nie! Ons 
het met 'n gemeenskapsbakkery begin en die brode smaak heerlik! Maar ons sukkel om geld te kry vir voorrade. Ons het ook met 'n toerisme-
inisiatief begin wat lyk asof dit wil rigting kry, maar ai, alles so sonder geld. Ons dank aan die Stigting vir Afrikaans vir hulp aan ons 
geletterdheidsprojek. So, u sien die mense van die gemeenskap sit darem nie stil en wag vir die doodsengel van armoede nie.

Kambro is een van die min organisasies wat daadwerklik probeer om spesifiek in die Karoo teen armoede te werk. Ons program begin gewoonlik 
met die organisering van sportklubs. Dit help met die afbreek van isolasie op Karooplase waar afstand 'n groot rol speel. Elke klub het 'n 
bestuur en lede, en 'n groep van vyf klubs word 'n satelliet genoem en het 'n eie bestuur. Die klubs spits hulle toe op sokker en netbal, 
aanvanklik op plaaslike vlak met 'n groot toernooi aan die einde van elke jaar.

Die suksesse van die klubs is egter nie tot sport beperk nie. By een van die oostelike satelliete is begin met die bou van 'n kleuterskool 
met 'n primre skoolafdeling. By Biesiespoort, 'n sentrale satelliet, is daar begin met die verbouing van groente.

Die projekbestuurder van Biesiespoort is meneer Hendrik Haas, wat die plaaslike skoolhoof is. Hy behartig 'n Afrikaanse geletterdheidsklas. 
In baie gevalle sien mense nie hoe belangrik dit is om geletterdheidsprogramme te h nie. Baie ontwikkelingsinisiatiewe kan daaruit 
voortspruit soos boorgate sink, groenteverbouing en die bou van 'n dam soos nou op Biesiespoort gebeur het. En dit laat mense 
verantwoordelikheid leer, omdat hulle self die inisiatief aan die dag gel het. Dit gebeur selde dat die regering hom inlaat vir 
ontwikkeling op plase. Maar die Noord-Kaapse provinsiale regering het in hierdie geval baie hulp verleen aan die projek en het aangedui dat 
hulle dit in die toekoms ook sou wou doen.

Vir 'n lang tyd was staatstoelaes die enigste hoop vir arm mense. Dit word nou op hierdie kritieke tydstip uitgefaseer. Dit was die hulp 
vir die arm gesin, en die afskaling daarvan voeg net meer mense by tot die werklose, armoedige skare. Almal is ongelukkig oor misdaad, maar 
wat gemaak as 'n broodwinner sy werk verloor en sonder pakket gelaat word. Die gesin moet eet.

Baie nuwe hulpmiddele word nie in die Karoo verwesenlik nie. Dit sluit 'n faktor in soos basiese diensvoorwaardes. Baie werkgewers staan 
koud daarteenoor en in verreweg die meeste gevalle is dit die ongeletterde of min geletterde wat uitgebuit word. Almal wil graag 
simpatiseer, maar die pyn van armoede word nie gestil met 'n pynstiller of korttermynoplossings nie. Daar moet prakties gekyk word na die 
platteland bv. die ontwikkeling van die R63 pad wat 'n deurroete is van Namakwaland deur die Hantam-Karoo tot in Port Elizabeth.

Maar dwarsdeur al die moeilike omstandighede is daar 'n vlammetjie wat tog hitte aan honderde agtergelate armoedige persone verleen. Dit is 
die gees van plaaswerkergemeenskappe waarby die karretjiemense ingesluit is. Hulle is die kiemsel van lewe in hierdie oerlandskap.

Hierdie mense is die teikengroepe van Kambro, 'n nie-regeringsorganisasie met sy hoofkantoor op Victoria-Wes. Die vyf hoofprogramme van di 
organisasie sluit in: noodhulp, vroueregte, geletterdheid en die regte van plaaswerkers, en veral dan sportontwikkeling onder plaaswerkers. 
Oor hierdie laaste program met sy uitkringende effek skryf ek in 'n volgende brief.     Verwante skakel: Ode aan my leermeesteres

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av634.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

